Minangkabau (Baso Minangkabau, باسو مينڠكاباو; letterlik: "taal van Minangkabau") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sumatra van Indonesië asook deur Minangkabau-emigrante in Maleisië gepraat word. Die taal word tans deur sowat 5,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Minangkabau, en is daarmee na Indonesies/Maleis, Javaans, Soendanees en Madoerees die vyfde belangrikste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

duimnael|links|Minangkabau in Arabiese skrif op 'n koninklike Minangkabau-seël van die 19de eeu Minangkabau is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Minangkabau word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Minangkabau uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Vroeër is ook die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, gebruik. Dit is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Sien ook Minangkabau Wikipedia

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Maleisië