Madoerees (Madhura, Basa Mathura, بَهاسَ مَدورا; letterlik: "taal van Madoera") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Madoera (vandaar die naam) en die aangrensende oostelike deel van die eiland Java van Indonesië asook deur Madoerese emigrante in Maleisië en Singapoer gepraat word. Die taal word tans deur sowat 6,8 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Madoerese, en is na Indonesies/Maleis, Javaans en Soendanees die vierde belangrikste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

duimnael|links|Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië duimnael|links|Madoerees in Javaanse skrif, uittreksel van die Raden Segara, 1890 Madoerees is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Madoerees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Madoerees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Voorheen is ook die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, gebruik. Laasgenoemde is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Singapoer