Harry Escombe (1838 – 1899) was 'n Eerste Minister van Natal. Hy is in 1883 in Londen gebore en ontvang onderrig aan St. Paul's School. Hy arriveer in 1860 in Durban waar hy 'n suksesvolle prokureur word. In 1872 word hy lid van die Wetgewende Raad. Hy veg in die Anglo-Zoeloeoorlog en die Tweede Vryheidsoorlog en word in 1893 Prokureur-generaal en in 1897 Eerste Minister van Natal.
As 'n man van groot versiendheid was hy verantwoordelik vir die opbou van die plaaslike militêre magte en stig ook die Natal Naval Volunteers. Hy word lid van die Geheime Raad en ontvang 'n eredoktoraat (L.L.D) van Cambridge. Hy is oorlede op 27 Desember 1899.
Die voorstad Escombe van Durban is na hom genoem.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Mense in die Anglo-Zoeloe-oorlog Kategorie:Mense in die Eerste Vryheidsoorlog Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1838 Kategorie:Sterftes in 1899