Ivan Mitford-Barberton (1896 – 1976) was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer. Hy is in 1896 op Somerset-Wes as seun van Mary Layard Bowker en Henry Barber gebore. Sy grootouers was Mary Elizabeth en Frederick William Barber. Hy ontvang opleiding aan St. Andrew-kollege, Grahamstad. Hy veg in altwee wêreldoorloë en plant 15 jaar lank koffie in Kenia. Nadat hy in Engeland, Frankryk en Italië in die kuns gestudeer het, sluit hy aan by die Michaelis-kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad. Werke
Hy het die standbeeld van Jock of the Bushveld in Barberton ontwerp. Die bronsbeeld van 'n luiperd in Houtbaai, waar hy gebly het, is sy werk. Die beeldhouwerk van Peter Pan by die Rooi Kruis se Kinderhospitaal in Kaapstad is deur Mitford-Barberton gedoen.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse beeldhouers Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1896 Kategorie:Sterftes in 1976