Hiligaynon (Inilonggo, Binisayâ nga Hiligaynon of Bisaya nga Ilonggo; [hɪlɪˈɡaɪnən]) is na Tagalog (as Filippyns amptelike taal), Cebuano en Ilokano die vierde belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die sentrale en suidelike dele van die Filippyne gepraat, spesifiek op die eiland Mindanao en die Visayas.

duimnael|links|Die Tien Gebooie in Hiligaynon Taalkundiges klassifiseer Hiligaynon as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan sommige van die ander Austronesiese tale op Mindanao en in die Visayas is. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van die Filippyne