Howard Unwin Moffat (1869 – 1951) was 'n eerste minister van Suid-Rhodesië. Hy is op 13 Januarie 1869 op Kuruman gebore waar sy vader J.S. Moffat, swaer van David Livingstone, gestasioneer was. Hy ontvang skoolopleiding aan St. Andrew-kollege, Grahamstad, en bekwaam homself as 'n myningenieur. Hy vestig homself in Rhodesië en word lid van die Wetgewende Raad. Na sir Charles Coghlan se afsterwe in 1927 volg hy hom op as eerste minister en beklee die amp tot 1933. Hy is oorlede in 1951.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Rhodesiese politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1869 Kategorie:Sterftes in 1951