Martin McDonagh (gebore 26 Maart 1970) is ’n Britse en Ierse dramaturg, draaiboekskrywer en regisseur. Hy het as seun van Ierse ouers in Londen grootgeword en het dubbele Britse en Ierse burgerskap. Hy is al beskryf as een van die belangrikste lewende dramaturge in Ierland.

McDonagh het in 2006 ’n Oscar gewen vir beste lewende-aksie-kortprent en in 2018 ’n Golden Globe vir beste draaiboek.

Loopbaan Teater McDonagh se eerste ses toneelstukke is in twee trilogieë verdeel en speel af in en om County Galway, Ierland, waar hy dikwels as kind vakansie gehou het. Die eerste trilogie bestaan uit The Beauty Queen of Leenane (1996), A Skull in Connemara (1997) en The Lonesome West (1997),Hicklinh, Alfred. "'A Skull in Connemara' review – a sprited revival that redefines the concept of graveyard humour The Guardian, 28 Mei 2015 en die tweede trilogie uit The Cripple of Inishmaan (1997), The Lieutenant of Inishmore (2001) en The Banshees of Inisheer (die derde toneelstuk is nooit gepubliseer nie, omdat McDonagh vasbeslote was "dit is nie goed" nie).McDonald, Henry. "Profile" The Guardian, 25 April 2008The Pillowman (2006–2007) by Berkeley Repertory Theatre. Besoek op 5 Maart 2009.

Sy eerste nie-Ierse toneelstuk was The Pillowman.Wolf, Matt. "Review: The Pillowman " Variety, 26 November 2003, besoek op 7 Mei 2016 A Behanding in Spokane is sy eerste stuk wat in die VSA afspeel; die première was in Maart 2010 op Broadway." A Behanding in Spokane Broadway" Playbill (vault), besoek 7 Mei 2016. Die hoofspeler, Christopher Walken, is vir ’n Tony benoem vir beste akteur in ’n toneelstuk vir sy vertolking van ’n moordenaar wat soek na die hand wat hy in sy jeug verloor het.Finkle, David. "Review" theatermania.com, 2 Maart 2010

Rolprente In 2006 het McDonagh ’n Oscar gewen vir sy eerste rolprent, die swartkomediekortprent Six Shooter (2004). Hy het daarna ’n ooreenkoms met die Focus Features-vervaardigingsmaatskappy aangegaan om die regisseur te wees van In Bruges, ’n rolprent wat op sy eie toneelstuk gegrond en in 2008 uitgereik is. Colin Farrell, Ralph Fiennes en Brendan Gleeson speel daarin. McDonagh is benoem vir ’n Oscar vir beste oorspronklike draaiboek.

Dié prent is gevolg deur Seven Psychopaths, wat op 12 Oktober 2012 in Amerika uitgereik is met Colin Farrell, Sam Rockwell, Woody Harrelson, Christopher Walken en Tom Waits."'Seven Psychopaths' Listing" tcm.com, besoek op 4 April 2016

Sy drama-donkerkomedie van 2017, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri met Frances McDormand, Sam Rockwell en Woody Harrelson, se première was op 4 September op die Venesiese Rolprentfees en het goeie resensies gekry. Op 17 September het dit die People's Choice Award gewen op die Toronto- Internasionale Rolprentfees en in Januarie 2018 vier Golden Globes, insluitende een vir McDonagh vir beste draaiboek.

Pryse en benoemings Van Martin McDonagh se belangrikste pryse en benoemings is:

JaarPrysKategorieRolprentUitslag2018 Golden Globe Beste regisseur Three Billboards Outside Ebbing, Missouri Beste draaiboek 2013 Bafta Beste Britse rolprent Seven Psychopaths 2009 Oscar Beste oorspronklike draaiboek In Bruges Bafta Beste oorspronklike draaiboek 2006 Bafta Beste kortprent Six Shooter 2005 Oscar Beste lewende-aksie-kortprent

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Britse rolprentregisseurs Kategorie:Britse dramaturge Kategorie:Ierse dramaturge Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense