James Edward Franco (gebore 19 April 1978) is ’n Amerikaanse akteur, rolprentmaker en toneelspelafrigter. Hy is vir sy rol in 127 Hours (2010) benoem vir ’n Oscar vir beste akteur. Hy is bekend vir rolle in aksieflieks soos die Spider-Man-trilogie (2002–2007), Milk (2008), Pineapple Express (2008), Eat, Pray, Love (2010), Rise of the Planet of the Apes (2011), Spring Breakers (2012), This Is the End (2013) en The Disaster Artist (2017), waarvoor hy ’n Golden Globe gewen het vir beste akteur in ’n komedie of musiekspel. Hy was ook die regisseur en medevervaardiger van laasgenoemde prent. Sy twee broers, Dave en Tom, is ook bekende akteurs.

Ander werk duimnael|links|180px|Franco in April 2007 op die première van Spider-Man 3.

Franco is ook bekend vir sy werk op televisie. Sy eerste betaalde rol was vir ’n advertensie vir Pizza Hut, met ’n dansende Elvis Presley (wat 20 vroeër oorlede is), en sy eerste groot rol die karakter Daniel Desario in die komediedrama Freaks and Geeks (1999–2000), wat ’n kultusaanhang gehad het. Hy het ook die titelkarakter vertolk in die TV-biografieprent James Dean (2001), waarvoor hy ook ’n Golden Globe gewen het.

Hy het ’n rol in die sepie General Hospital (2009–2012) gehad en speel in die TV-drama The Deuce (2017–tans).

Franco doen vrywilligerwerk vir die Art of Elysium-welsynorganisasie en het ook klas gegee aan die Universiteite van New York en Suid-Kalifornië, Studio 4 en die Hoërskool Palo Alto in Kalifornië.

In 2007 het Franco die prent Good Time Max geskryf en geregisseer en daarin gespeel. In Januarie 2011 is aangekondig die akteur gaan nie net speel in The Night Stalker, ’n rolprentweergawe van Philip Carlo se boek oor die reeksmoordenaar van die 1980's Richard Ramirez nie, maar gaan ook die regisseur wees. Hy het ook ’n rolprentweergawe van William Faulkner se roman As I Lay Dying geregisseer;Friedman, Devin. "Leading Man: James Franco" GQ Desember 2010: 286–88 dit is in 2013 in die afdeling "Un Certain Regard" van die Cannes-rolprentfees vertoon.

In Februarie 2012 het Franco begin skiet aan ’n rolprentweergawe van Cormac McCarthy se 1973-boek Child of God; dit is gekies vir die 70ste Venesiese Rolprentfees, 2013 se Toronto- Internasionale Rolprentfees en die prestigeryke 51ste New Yorkse Rolprentfees. Ander projekte wat hy vervaardig het, sluit in die prent King Cobra, die dokumentêr Saturday Night en die multimediaprojek Three's Company The Drama.

Pryse en benoemings James Franco het al 33 pryse gewen en is 112 keer benoem. Van die belangrikstes is:

JaarPrysKategorieRolprentUitslag2018 Golden Globe Beste akteur in ’n komedie of musiekspel The Disaster Artist Screen Actors Guild Award Uitmuntende spel in ’n hoofrol 2011 Oscar Beste akteur 127 Hours Bafta Beste akteur in ’n hoofrol Golden Globe Beste akteur in ’n drama Screen Actors Guild Award Uitmuntende spel in ’n hoofrol 2009 Golden Globe Beste akteur in ’n komedie of musiekspel Pineapple Express Screen Actors Guild Award Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Milk 2002 Golden Globe Beste akteur in ’n minireeks of TV-prent James Dean Screen Actors Guild Award Uitmuntende spel in ’n minireeks of TV-prent

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu