Dr. Casper Jan Hendrik (Cassie) Venter (gebore Postmasburg, Kaapprovinsie, 26 Februarie 1940) was tydens sy 40 jaar lange loopbaan vanaf 1965 sowat 20 jaar lank predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en daarna ook sowat 20 jaar lank professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom.

Dr. Venter se lewensfilosofie is: “Dien God, dien jou naaste, wees getrou aan jou roeping,” terwyl hy die hoogtepunt van sy loopbaan beskryf as “die vervulling van herderlike sorg, jeugwerk en navorsing.” Sy belangstellings is veral die Griekse en Romeinse taal en kultuur.

Herkoms en opleiding Venter is die oudste kind en enigste seun van Casper Jan Hendrik Venter sr. (6 Mei 1910 – 25 Januarie 1975) en Anna Catharina Vorster (24 April 1914 – 10 Oktober 2009). Sy susters is Anna Maria (Annemarie) Grobler (gebore 11 April 1944) en Johanna Christina Venter (10 Februarie 1946). Hy ontvang sy laerskoolopleiding eers op sy geboortedorp en daarna op Odendaalsrus, waar hy ook matrikuleer aan die Hoërskool Wessel Maree. Op skool was hy lid van die leerlingraad en van die skool se eersterugbyspan (1954-1957), terwyl hy in 1954, ’55 en ’57 vir spanne van die Noordwes-Vrystaat uitgedraf het.

Aan die destydse PU vir CHO het hy nie minder nie as ses grade verwerf: B.A., Hons.-B.A., Th.B., Th.M., Th.D. (Praktiese Teologie) en Th.D. (Nuwe Testament). Sy Th.D. in Praktiese Teologie het hy in 1975 voltooi met die titel “Die bediening van die versoening aan die bejaarde. ’n Pastorale studie in die lig van die Pastorale Briewe”. Due Th.D. in Nuwe Testament het hy 10 jaar later voltooi oor “Paulus se vermaning en bemoediging in Romeine 12:1-15:13”.

Op universiteit het hy in die Geselligheidskomitee gedien asook in die komitees van Corps Veritas Vincet, die Afrikaanse Studentebond en die Algemene Bestuur vir Kuns en Kultuur. Van die studenteraad was hy in 1961 lid en in 1963 sekretaris, terwyl hy van 1962 tot ’63 primarius van die koshuis Heimat was.

Loopbaan Dr. Venter was 20 jaar en 4 maande (1965–’85) predikant in vier Gereformeerde kerke: Tzaneen (Laeveld-gemeente), Koster, Pretoria-Meyerspark en Stellenbosch, en 20 jaar en 8 maande lank professor in praktiese teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO en die Noordwes-Universiteit. Gedurende sy dienstyd van 20 jaar aan die PU vir CHO het hy as promotor opgetree vir 18 doktorsgraadstudente en 23 meestersgraadstudente. Ook het hy talle navorsingsartikels, asook bydraes in versamelbundels geskryf. Vir die Gereformeerde Kerk se kerklike tydskrifte en ander populêre tydskrifte het hy ook bydraes gelewer. Gedurende 2006 het hy nog voortgegaan met die skryf van artikels, navorsing en voltydse begeleiding van doktors- en meestersgraadstudente.

In die tyd dat hy dosent was, was hy baie nou betrokke by die praktiese opleiding van teologiese studente in herderlike sorg, prediking, kategetiese onderrig, jeugsorg en gemeenteopbou. Hierdie direkte en persoonlike wisselwerking met studente was vir hom besonder vervullend.

Ná sy emeritaat In Mei 2007, ’n jaar ná aftrede, het die Venters Kaap toe verhuis en woon hulle in Eversdal. Vir gesette tye het hulle op Struisbaai gewoon en het dr. Venter as hulpdienspredikant die Gereformeerde Kerk Agulhas op Bredasdorp van 2007 tot 2014 bedien, ’n bedieningsgeleentheid wat hy as “’n baie sinvolle fase” van sy loopbaan ervaar het.

Voorts het hy opgetree as eksterne moderator vir Praktiese Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, asook as eksterne eksaminator vir doktorsgrade, meestersgrade en skripsies gedurende 2012 tot 2017. Hy was betrokke by ’n Bybelvertalingsprojek van Word for the World en bied as konsultant hulp aan met vertalings wat in Ethiopië gebruik word. Vyf jaar lank het hy van 2011 tot Junie 2016 die pastorale versorging en tuisbesoeke van sowat 200 bejaardes in die Gereformeerde kerk Bellville-Oos gedoen.

Gesinslewe Dr. Venter is op 2 April 1965 in die Gereformeerde kerk Vereeniging deur ds. J.H. Venter met Mariana Viljoen in die huwelik bevestig. Sy is op 5 Februarie 1942 gebore as ’n dogter van Johannes Henning Viljoen: (17 Augustus 1908 – 9 April 1998) en Alida Johanna Aletta Coetzee (18 Augustus 1915 – 30 Mei 2004). Mariana Venter was ten tyde van haar aftrede artikelredakteur by die Buro vir Wetenskaplike Tydskrifte. Uit hul huwelik is een kind gebore en een aangeneem: Hanli Alet (getroude van Van Schalkwyk op 25 Januarie 1971 en Casper Jan Hendrik (aangenome), sy pa en oupa se naamgenoot, op 2 September 1978. Hy is op 21 Julie 2000 oorlede in 'n motorongeluk

Wetenskaplike bydraes Promoveer in Nuwe Testament en Praktiese Teologie 1974. Th.D. (Praktiese Teologie). Die bediening van die versoening aan die bejaarde. ’n Pastorale studie in die lig van die Pastorale Briewe. 1985. Th.D. (Nuwe Testament). Die Pauliniese paranese in Romeine 12:1-15:13.

Artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte sedert 1988 Venter, C.J.H. 1988. The realization of the Word in church catechism. Koers, 53(3):512-530. Venter, C.J.H. & Tiemensma, E.J. 1990. Riglyne vir pastorale huweliksorg binne die konteks van gemeente-opbou. In die Skriflig, 24(4):333:351. Venter, C.J.H. 1990 Die Nagmaal as ’n maaltyd. Koers, 55(1):79-94. Venter, C.J.H. 1990. Indikatief en paraklese in die Pastorale Briewe. In die Skriflig, 24(1):1-26. Venter, C.J.H. 1991. “Jou enigste troos.” Pastorale perspektiewe en motiewe uit die Heidelbergse Kategismus. In die Skriflig, 25(1):47-69. Venter, C.J.H. 1992. Diakoniologie en rasionaliteit - ’n verkenning. In die Skriflig, 26(1):29-51. Venter, C.J.H. 1992. Prakties-teologiese grondslae van die prediking. Praktiese Teologie in Suid-Afrika, 7(1):1-16. Venter, C.J.H. 1993. Basisteoretiese perspektiewe op kommunikasie in die bediening. In die Skriflig, 27(2):247-260. Venter, C.J.H. & Vrey, C.A. 1994. Kommunikasiegebeure en prediking. Antieke retoriek en moderne pragmatiek in die preekmaakproses. In die Skriflig, 28(4):527-541. Venter, C.J.H. & Buys, F. 1994. Bedieningspatrone wat die assimilasie van gelowiges in die gemeente bevorder. In die Skriflig, 28(3):329-351. Venter, C.J.H. 1995. Die Woord in die werklikheid. Wetenskapsteoretiese perspektiewe op Diakoniologie. In die Skriflig, 29(1 & 2):181-202. Combrink, V. & Venter, C.J.H. 1995. Menslike subjekte in gemeente-opbou volgens die Kolossensebrief. ’n Diakoniologiese perspektief met toespitsing op eskatologiese dimensies. In die Skriflig, 29(4):583-602. De Wet, F.W. & Venter, C.J.H. 1996. Preekbeoordeling en -verantwoording: grepe uit die Lutherse en gereformeerde ontwikkelingslyn. In die Skriflig, 30(3):321-342. Breed, G. & Venter, C.J.H. 1996. Sien, hoor en ken: Basisteoretiese perspektiewe of geloofsopvoeding deur die onderhouding van die Pasga. ’n Verkenning van Ou-Testamentiese gegewens. In die Skriflig, 30(1):57-72. Du Plooy, J.L. & Venter, C.J.H. 1996. Gereformeerde gemeente-opbou? ’n Evaluering van bestaande definisies binne die geledere van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. In die Skriflig, 30(3):343-364. Venter, C.J.H. 1996. ‘n Teorie vir Diakoniek. ‘n Poging tot nuwe denke met besondere verwysing na die diakonaat en geregtigheid. Praktiese Teologie in Suid-Afrika, 11(1):48-57. Venter, C.J.H. & Kruger, S.F. 1996. Selfliefde: ’n Skrifondersoek met die oog op omlyning van basisteoretiese perspektiewe vir die pastoraat. In die Skriflig, 30(3):365-383. Venter, C.J.H. 1997. Prediking oor politieke sake - riglyne vanuit Romeine 12-15. In die Skriflig, 31 (1 & 2):19-32. Venter, C.J.H. & De Wet, F.W. 1998. Die implikasies van enkele pneumatologiese insigte van Rudolf Bohren vir die Praktiese Teologie. In die Skriflig, 32(2):127-143. Venter, C.J.H. & Kim, H.K. 1998. Preacher and spirituality: Perspectives from the Pastoral Epistles. In die Skriflig, 32(2):161-179. Venter, C.J.H. 1998. Spiritualiteit in die lig van Romeine 12. In die Skriflig, 32(4):457-468. Venter, C.J.H. 1999. Die spiritualiteit van die bedienaar met verwysing na sy toerustingstaak. In die Skriflig, 33(2):187-202. Venter, C.J.H. & Kim, H.K. 1999. Equipping the congregation by means of preaching: Paul’s sermon at Miletus (Acts 28) – perspectives for the South African context. In die Skriflig, 33(4):509-524. Venter, C.J.H. & De Wet F.W. 1999. ‘n Teologies-estetiese benadering tot Praktiese Teologie – Homiletiese implikasies vir die toerusting van Christene ten opsigte van hulle taak in ‘n gebroke samelewing. Skrif en Kerk, 20 (21): 482-499 Venter, C.J.H. 2000 Prominente motiewe in ‘n seleksie preke voor, tydens en na die Anglo-Boereoorlog. In die Skriflig, 34(2):17-34. Venter, C.J.H. & Kruger, F.P. 2000. Prediker, preekgesindheid en die toerusting van die gemeente. In die Skriflig, 34(2):173-194 Venter, C.J.H. & Van der Schyff, S.P. 2000. Herderlike bediening aan die kind uit ‘n egskeidingsgesin. Acta Theologica, 20(1):49-72. Venter, C.J.H. & Van der Vyver, L. du P. 2001. Die toerusting van gelowiges tot gehoorsaamheid aan die prediking. Praktiese Teologie in Suid-Afrika, 15(2):169-191. Venter, C.J.H. & De Wet, F.W. 2001. Aangegryp deur die Woord. Teologies-estetiese riglyne vir die omgang met en bediening van die Woord. Acta Theologica, 21(2):23-35. Venter, C.J.H. 2001. Verklarende (expository) prediking – ‘n herevaluering. In die Skriflig, 35(4):513-536. Venter, C.J.H. 2001. Verklarende prediking. Basisteoretiese perspektiewe vanuit Hebreërs. In die Skriflig, 35(3):373-388. Venter, C.J.H. & Kruger, S.F. 2001. Die praksis in die Praktiese Teologie – omvang, interaksie en waarde. In die Skriflig, 35(4):557-574. Venter, .C.J.H. & Kruger, F.P. 2002. Prediking en die gesindheid van die hoorders. Basisteoretiese perspektiewe vanuit Hebreërs. In die Skriflig, 36(3):573-592. Venter, C.J.H. 2003. Die prediking van hoop aan getraumatiseerdes in die huisgesin van God. Prakties-teologiese perspektiewe in die lig van Hebreërs. In die Skriflig, 37(1):27-50. Venter, C.J.H. & Kruger, F.P. 2003. ‘n Homileties-empiriese ondersoek van prediking en gesindheidsverandering. In die Skriflig, 37(4):461-484. Venter, C.J.H. & Van Wyk, G. 2003. Die gelowige ouer as geloofsvoorbeeld. In die Skriflig, 37(4):533-555. Venter, C.J.H., Joubert, N.L. & # Venter, C.A. 2004. The development and evaluation of a Biblically based therapy programme for a congregation. In die Skriflig, 38(1):85-106. Venter, C.J.H. 2004. Die predikant wat houe uitdeel – die gemeente as teiken. In die Skriflig, 38(3):429-229. Venter, C.J.H. & Kruger, S.F. 2004. Die bedienaar as teiken – ‘n profiel van die verwonder. In die Skriflig, 38(3):451-476. Venter, C.J.H. & Kim, H.K. 2004 Die prediker as preek. Acta Theologica, 24(2):147-167. Venter, C.J.H. 2005. Die Woord van God – toepaslik maak of toepaslik preek? ‘n Homiletiese ondersoek. In die Skriflig, 38(4):473-493. Venter, C.J.H. & Bang, S.J. 2005. The inductive form of preaching (F.B. Craddock) – an exploration and evaluation. In die Skriflig, 39(1):81-96. Venter, C.J.H. 2005. Aspekte van emosionele intelligensie in die lewe van die nuwe mens. In die Skriflig, 39(1):1-26. Venter, C.J.H. & Van der Merwe, C.N. 2005. Verseëling met die Heilige Gees as element in die kerklike kategese: Basisteoretiese perspektiewe. Verbum et Ecclesia, 26(2): 571-592. Venter, C.J.H. & Van der Merwe, C.N. 2005. Die verwerkliking van die geloof in die kerklike kategese: Basisteoretiese perspektiewe. Acta Theologica, 25(1):112-133. Venter, C.J.H. 2005 Prediking wat transformeer – Prakties-teologiese gesigspunte. In die Skriflig, 39 (2) 2005. Bladsynommers nog nie beskikbaar nie. Venter, C.J.H. 2005. Die Areopagusrede (Handelinge 17:22-31) – ‘n verkenning vir homiletiese elemente. In die Skriflig, 39(4): bladsynommers nog nie beskikbaar nie. Venter, C.J.H. & Bang, S.J. 2005. “By the words of your mouth” - the verbal impact of a sermon. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif. (Reeds aanvaar)

Boeke en ander vakwetenskaplike publikasies in tydskrifte of boeke (chronologies gerangskik)