Frances Louise McDormand (gebore 23 Junie 1957) is ’n Amerikaanse aktrise. Sy is een van min wat die "driedubbele kroon" van toneelspel gewen het: ’n Oscar vir die swartkomediefliek Fargo (1996), ’n Tony vir die Broadway-toneelstuk Good People (2011) en ’n Primetime Emmy vir die TV-minireeks Olive Kitteridge (2014). McDormand het ook op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand ’n prys gewen vir beste aktrise, vir haar rol in die rolprentdrama Three Billboards Outside Ebbing, Missouri (2017).
Loopbaan McDormand se eerste rol was in die toneelstuk Trinidad and Tobago. Sy is sedert 1984 met die rolprentvervaardiger Joel Coen getroud en het in 1984 haar rolprentdebuut in die Coen-broers se eerste prent, Blood Simple, gemaak. Daarna het sy in nog verskeie van die broers se prente gespeel, soos Raising Arizona (1987), Fargo (1996), The Man Who Wasn't There (2001), Burn After Reading (2008) en Hail, Caesar! (2016). Sy is al drie keer vir ’n Oscar vir beste byspeelster benoem: vir haar rolle in Mississippi Burning (1988), Almost Famous (2000) en North Country (2005).
Ander noemenswaardige prente sluit in Short Cuts (1993), Primal Fear (1996), Wonder Boys (2000), Something's Gotta Give (2003), Moonrise Kingdom (2012) en The Good Dinosaur (2015).
McDormand het in 1984 ook haar Broadway-debuut in ’n heropvoering van Awake and Sing gemaak en ’n Tony-benoeming gekry vir haar vertolking van Stella Kowalski in die 1988-heropvoering van A Streetcar Named Desire. Sy het in 2008 ná ’n afwesigheid van 20 jaar na Broadway teruggekeer in ’n heropvoering van The Country Girl; sy is daarvoor benoem vir ’n Drama Desk-prys vir uitmuntende aktrise.
Pryse en benoemings Van Frances McDormand se belangrikste pryse en benoemings is:
Oscars Jaar Werk Kategorie Uitslag 1989 Mississippi Burning Beste byspeelster 1997 Fargo Beste aktrise 2001 Almost Famous Beste byspeelster 2006 North Country
Baftas Jaar Werk Kategorie Uitslag 1997 Fargo Beste aktrise in ’n hoofrol 2001 Almost Famous Beste byspeelster 2006 North Country 2018 Three Billboards Outside Ebbing, Missouri Beste aktrise in ’n hoofrol
Golden Globes Jaar Werk Kategorie Uitslag 1993 Short Cuts Span 1997 Fargo Beste aktrise in ’n komedie of musiekspel 2001 Almost Famous Beste byspeelster in ’n rolprent 2006 North Country 2009 Burn After Reading Beste aktrise in ’n komedie of musiekspel 2015 Olive Kitteridge Beste aktrise in ’n minireeks of TV-prent Beste minireeks of TV-prent 2018 Three Billboards Outside Ebbing, Missouri Beste aktrise in ’n drama
Primetime Emmys Jaar Werk Kategorie Uitslag 1997 Hidden in America Uitmuntende byspeelster in ’n minireeks of rolprent 2015 Olive Kitteridge Uitmuntende hoofspeelster in ’n beperkte reeks of rolprent Uitmuntende beperkte reeks
Screen Actors Guild Awards Jaar Werk Kategorie Uitslag 1997 Fargo Uitmuntende spel deur ’n aktrise in ’n hoofrol 2001 Almost Famous Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Uitmuntende spel deur ’n aktrise in ’n byrol 2006 North Country 2015 Olive Kitteridge Uitmuntende rol deur ’n aktrise in ’n minireeks of TV-prent 2018 Three Billboards Outside Ebbing, Missouri Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Uitmuntende spel deur ’n aktrise in ’n hoofrol
Eksterne skakels
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu