Sir Johannes Wilhelmus Wessels (1862 – 1936) was die Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in 1862 in Kaapstad gebore en ontvang sy opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en Cambridge. Hy word in 1886 tot die balie toegelaat en is beskou as 'n besonder bekwame regspraktisyn. Hy verhuis na die Transvaal waar hy hoof van die balie word. Een van die beroemdste sake was die verdediging van die Jameson-invallers in 1896. In 1902 is hy aangestel as regter van die Transvaalse Hooggeregshof. In 1920 word hy Regter-president, in 1923 Appélregter en Hoofregter in 1932. Hy is op 6 September 1936 oorlede. Hy was een van die geleerdste Suid-Afrikaanse regsgeleerdes en skrywer van die beroemde History of Roman Dutch Law en standaard werk oor Kontrakwet.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1936 Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Afrikaners