James Stratford (1869 – 1952) was 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in 1869 in die Oos-Kaap gebore en ontvang opleiding aan St. Aiden's College, Grahamstad. Hy begin sy loopbaan as 'n landmeter in diens van die Transvaalse Regering. Hy gaan dan na Oxford om die regte te studeer en word in 1898 tot die balie toegelaat. Van 1901 tot 1902 praktiseer hy in Kaapstad en later in Transvaal. In 1921 word hy aangestel in die Transvaalse regsbank, in 1927 word hy bevorder tot die Appélafdeling en in 1938 word hy Hoofregter. Hy tree in 1939 af en sterf in 1952.
Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1869 Kategorie:Sterftes in 1952 Kategorie:Suid-Afrikaanse regters