Jacob de Villiers (gebore op 20 Desember 1938 in Middelburg, Transvaal) is 'n Suid-Afrikaanse boer en politikus, destyds 'n lid van die Nasionale Party, parlementslid vir Transvaal (1989 - 1993), Minister van Landbou (1989 - 1991), landbou en ontwikkelingshulp (1990 - 1992), openbare werke (1991 - 1992), grondsake en streeksake (1989 - 1993) in die Kabinet van F.W. de Klerk.
Jacob de Villiers het in die streek Malelane in die Oos-Transvaal groot geword, waar sy ouers geboer het. Hy het laerskool toe gegaan in Witrivier en hoërskool in Middelburg. In 1960 studeer hy aan die Universiteit van Pretoria en word adjunk-sekretaris van die Afrikaanse Handelsinstituut. Hierna word hy vir etlike jare kabinetsminister van die Nasionale Party.
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers