Andries Stockenstrom (1844 – 1880) was 'n regter en Prokureur-generaal. Hy is in 1844 op Graaff-Reinet gebore. Hy is van Sweedse afkoms. Op vroeë ouderdom gaan hy na Londen en Duitsland en word in 1865 tot die balie toegelaat. Die volgende jaar begin hy in Kaapstad praktiseer maar verhuis kort daarna na die Oos-Kaap. In 1877 word hy die Prokureur-generaal van die Kaapkolonie en twee jaar later regter van die Hooggeregshof. Hy sterf in 1880.

Andries Stockenstrom is die tweede seun van Sir Andries Stockenström.

Sien ook Koegas-gruwels Stockenström-familie

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Geboortes in 1844 Kategorie:Sterftes in 1880