duimnael|links|upright|Die graf van Sir William Solomon in Brookwood begraafplaas Sir William Henry Solomon (1852 – 1930) was 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in 1852 in Bedford, Oos-Kaap, gebore. Hy studeer aan Lovedale, die South African College en Cambridge. In 1877 word hy advokaat by die Inner Temple en begin die volgende jaar in die Kaapkolonie praktiseer. Hy was ook 'n tyd lank in Kimberley waar hy in 1887 regter word. Nege jaar later is hy verplaas na die Oostelike Distriktehof van Grahamstad. Na die Tweede Vryheidsoorlog word hy regter vir die pasgestigte Hooggeregshof van Transvaal en in 1910 een van die oorspronklike regters van die Appélafdeling in Bloemfontein. In 1927 word hy Hoofregter en tree af in Oktober 1929. Hy is op 23 Junie 1930 in Wallis oorlede. Hy word beskou as een van die grootste regsgeleerdes wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1852 Kategorie:Sterftes in 1930 Kategorie:Suid-Afrikaanse regters