duimnael|links|Centlivres-gebou, Universiteit van Kaapstad Albert van der Sandt Centlivres (13 Januarie, 1887 – 19 September, 1966) was 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is op 13 Januarie 1887 in Kaapstad gebore en ontvang sy opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en Oxford. Hy word 'n advokaat in Kaapstad, word bevorder tot regter en was Hoofregter van 1950 tot 1957. Sedert 1951 was hy ook die kanselier van die Universiteit van Kaapstad. Hy is oorlede op 19 September 1966.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1887 Kategorie:Sterftes in 1966 Kategorie:Suid-Afrikaanse ontvangers van die Rhodes-beurs Kategorie:Suid-Afrikaanse regters