Die Hannover CL.III is 'n Duitse dubbeldekker, tweesitplek vegvliegtuig wat as 'n veeldoelige vliegtuig gebruik was tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die Hannover CL.III is 'n verbetering van die Hannover CL.II. Dit was toegerus met 'n 160 perdekrag Mercedes D.III motor en oorhangende rolroere. Daar was slegs agt CL.III's gebou omrede die Mercedes-motor voorkeur gekry het vir eensitplek vegvliegtuie en res van die CLIII's was toegerus met die 180 perdekrag Argus As.III motor. Gevolglik het die vliegtuig nou as die CL.IIIa bekend gestaan. Daar was 537 van die CL.IIIa's gebou.

Die Hannover-reeks was goeie vliegtuie en hoogs beweeglik, was baie robuust en kon baie vyandelike vuur absorbeer. Hulle klim vermoë was nie nie buitegewoon nie maar hulle het 'n hoë perasionele hoogte gehad. Dit het van die vliegtuie uitstekende vegter begeleiers gemaak. Hulle ook ewe maklik op lae hoogtes gebruik word en was later as grondvegters gebruik.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Hannover CL.IIIa: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerArgus As.III waterverkoel inlynmotor Kraglewering van motor180 perdekrag Vlerkspan11,70 m Lengte7,58 m Hoogte2,8 m Vlerkoppervlakte32,70 m2 Maksimum opstygmassa1,080 kg Maksimum snelheid165 km/h op 600 m Operasionele hoogte7 500 m Uithouvermoë3 uur 0 min Klimvermoë3.145 m/sBewapeningSpandau-masjiengeweer voor en Parrabellum masjiengeweer agter

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Fighters 1914-1919: Attack and Training Aircraft, Kenneth Munson, 2004,

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog