Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade.senter|300px|BRICS-lande (Federale Republiek Brasilië)President: Luiz Inácio Lula da Silva (Russiese Federasie)President: Wladimir PoetinEerste minister: Michail Misjoestin (Republiek Indië)President: Droupadi MurmuEerste minister: Narendra Modi President: Xi JinpingEerste Minister: Li Qiang (Republiek van Suid-Afrika)President: Cyril Ramaphosa (Arabiese Republiek Egipte)President: Abdel Fattah el-SisiEerste minister: Moustafa Madbouly (Federale Demokratiese Republiek Ethiopië)President: Taye Atske SelassieEerste minister: Abiy Ahmed (Republiek Indonesië)President: Prabowo Subianto (Islamitiese Republiek Iran)Opperleier: Ali KhameneiPresident: Masoud Pezeshkian President: Mohamed bin Zayed Al NahyanEerste minister: Mohammed bin Rashid Al Maktoum
BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit tien ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Indonesië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate. Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.
Samestelling Die term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappy Goldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik. Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste, sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.
Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, groot oppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17 098 246 km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1 403 500 365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1 324 171 354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.
Die vyf BRICS-lande vorm die leidende lande in hul streke: Brasilië in Latyns- en Suid-Amerika, Rusland in Oos-Europa en Noord-Asië, Indië in Suid-Asië, die Volksrepubliek China in Oos-Asië en Suid-Afrika in Afrika.
Doelwitte en ekonomiese agtergrond Die doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.
Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van die Krim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur die Europese Unie en die Verenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreide korrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.
Uitbreiding met vyf nuwe lede duimnael|BRICS-leiers op 24 Augustus tydens aankondiging van die uitbreiding Op 24 Augustus 2023, tydens die 15de BRICS-beraad, het die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate deur die huidige lede genooi is om by die blok aan te sluit. Volle lidmaatskap het op 1 Januarie 2024 in werking tree.
Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van die Globale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring. Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys. Saoedi-Arabië het ook nie op 1 Januarie 2024 amptelik by BRICS aangesluit nie. Vennootlande Op 18 Januarie 2025 het Nigerië die negende BRICS-vennoot geword ná Belarus, Bolivië, Kasakstan, Kuba, Maleisië, Oesbekistan, Thailand en Uganda.
Spitsberade No. Datum(s) Gasland Gasheer Plek Notas 1ste 16 Junie 2009 Dmitri Medwedef Jekaterinburg 2de 15 April 2010 Luiz Inácio Lula da Silva Brasília Gaste: Jacob Zuma (President van Suid-Afrika) en Riyad al-Maliki (Palestina se Minister van Buitelandse Sake) 3de 14 April 2011 Hu Jintao Sanya Eerste spitsberaad met Suid-Afrika ingesluit by die oorspronklike BRIC-lande. 4de 29 Maart 2012 Manmohan Singh Nieu-Delhi Die BRICS-kabel kondig 'n optiese vesel ondersese kommunikasiekabel-stelsel vir telekommunikasie tussen die BRICS-lande aan. 5de 26–27 Maart 2013 Jacob Zuma Durban 6de 14–17 Julie 2014 Dilma Rousseff Fortaleza Brasília Ooreenkomste vir die Nuwe Ontwikkelingsbank en die Voorwaardelike Reserweraad onderteken.Gaste: Leiers van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR) 7de 8–9 Julie 2015 Wladimir Poetin Oefa Gemeenskaplike beraad met SCO-EEU 8ste 15–16 Oktober 2016 Narendra Modi Benaulim Gemeenskaplike beraad met BIMSTEC 9de 3–5 September 2017 Xi Jinping Xiamen Gemeenskaplike beraad met EMDCD 10de 3–5 September 2018 Cyril Ramaphosa Johannesburg 11de 13–14 November 2019 Luiz Inácio Lula da Silva Brasília 12de 17 November 2020 Wladimir Poetin Sint Petersburg Videokonferensie 13de 9 September 2021 Narendra Modi Nieu-Delhi Videokonferensie 14de 23 Junie 2022 Xi Jinping Beijing Videokonferensie 15de 22–24 Augustus 2023 Cyril Ramaphosa Johannesburg Ses lande, naamlik Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate word genooi om in Januarie 2024 ook lede van BRICS te word. Op 29 Desember 2023 het die regering van Argentinië 'n brief aan alle BRICS-leiers gestuur waarin hulle die uitnodiging om by die blok aan te sluit amptelik van die hand gewys het. Saoedi-Arabië het nog nie sy aanvaarding van lidmaatskap bevestig nie. 16de 22–24 Oktober 2024 Wladimir Poetin Kazan
Moontlike lede Die volgende lande het óf belangstelling uitgespreek om by BRICS aan te sluit óf het reeds aansoek gedoen om lidmaatskap:
Afrika 3
3
1
3 1 Amerikas 3
3
1Asië
1 1 1
1 3 1 1 3
3 1 2
1 3 3 Europa 3
3 1 – Amptelik aansoek gedoen om lidmaatskap 2 – Amptelik genooi om as 'n lidstaat aan te sluit, maar moet nog 'n formele besluit neem 3 – Amptelik genooi om as 'n vennootstaat aan te sluit
Hedendaagse BRICS-leiers
Sien ook Groep van Agt
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Buitelandse beleid van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Brasilië Kategorie:Egipte Kategorie:Ethiopië Kategorie:Ekonomie van die Volksrepubliek China Kategorie:Ekonomie van Indië Kategorie:Ekonomie van Iran Kategorie:Ekonomie van Rusland Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Indonesië Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Verenigde Arabiese Emirate