duimnael|Lidlande van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie duimnael|'n Euler-diagram van Afrika se interregeringsorganisasies

Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, kort SADU (Engels: Southern African Customs Union, SACU), is 'n doeane-unie tussen die Suider-Afrikaanse lande Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en eSwatini. Dit is in 1910 gestig en die hoofkantoor is in die Namibiese hoofstad Windhoek geleë. Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se amptelike taal is Engels.

Geskiedenis Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie is die wêreld se oudste doeane-unie wat nog bestaan. Dit is in 1910 Ali M. El-Agraa, The European Union economics and policies, Ed. Cambridge University Press, Cambridge, 2007, bl. 7. deur 'n doeane-unie-ooreenkoms tussen die destydse Unie van Suid-Afrika asook die Hoëkommissarisgebiede Brits-Betsjoeanaland, Basoetoland en Swaziland opgerig. Nadat hierdie gebiede hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk bereik het, is die ooreenkoms hersien en, op 11 Desember 1969, met die ondertekening deur Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Swaziland as die SADU herbekendgestel. Die hersiende doeane-unie het amptelik op 1 Maart 1970 in werking getree. Na Namibië se onafhanklikheid van Suid-Afrika in 1990, het dié land die vyfde lidland van die SADU geword. Histories is die SADU met die ooreenkomste van 1910 en 1969 deur Suid-Afrika geadministreer. Die doeane-unie het pligte op plaaslike produksie en doeaneregte ingesamel op lede se invoere van buite die SADU.

Terwyl die Suider-Afrikaanse Doeane-unie op 1 Julie 2006 'n vryhandelsooreenkoms met die Europese Vryhandelsvereniging onderteken het, is die onderhandelinge met die Verenigde State gestaak (soos op 8 Januarie 2008). USTR - Southern African Customs Union Free Trade Agreement

Lidlande +Lidlande volgens oppervlakte en bevolkingLandOppervlakte (km²)Bevolking582 0002 024 90417 363844 22330 3551 741 406824 2682 104 9001 221 03756 000 000

Sien ook Gemeenskaplike Monetêre Gebied Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Buitelandse beleid van Namibië Kategorie:Buitelandse beleid van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Botswana Kategorie:Ekonomie van Lesotho Kategorie:Ekonomie van Namibië Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Eswatini Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Buitelandse beleid van Botswana Kategorie:Afrika-unie