duimnael|Lidlande van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied duimnael|'n Euler-diagram van Afrika se interregeringsorganisasies

Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied, kort GMG (Engels: Common Monetary Area, CMA), is 'n monetêre unie tussen die Suider-Afrikaanse lande Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Eswatini. In hierdie vier lande is die Suid-Afrikaanse rand 'n wettige betaalmiddel, hoewel Lesotho (Loti), Namibië (Dollar) en Eswatini (Lilangeni) ook hul eie betaalmiddels gebruik. Hulle word egter gelykgestel aan die rand met een-tot-een-wisselkoerse, en daar is geen onmiddellike vooruitsig vir verandering nie. Buitelandse valuta-regulasies en monetêre beleid regdeur die GMG word basies deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank besluit, met baie beperkte grade van vryheid vir die kleiner lidlande. Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied se amptelike taal is Engels.

Geskiedenis Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied het in Julie 1986 in werking getree en het sy oorsprong in die Rand Monetêre Gebied (RMG), wat in Desember 1974 deur Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini gestig is. Die RMG is in Februarie 1992 deur die hedendaagse GMG vervang nadat Namibië amptelik aangesluit het. "South Africa’s experience of regional currency areas and the use of foreign currencies", Lambertus van Zyl

Lidlande +Lidlande volgens oppervlakte en bevolkingLandOppervlakte (km²)Bevolking17 363844 22330 3551 741 406824 2682 104 9001 221 03756 000 000

Sien ook Suider-Afrikaanse Doeane-unie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

Verwysings

Kategorie:Buitelandse beleid van Namibië Kategorie:Buitelandse beleid van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Lesotho Kategorie:Ekonomie van Namibië Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Eswatini Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Afrika-unie