Nizaam Carr (gebore 4 April 1991 te Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat op flank speel vir die in Superrugby en vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker. Hy is bekend vir sy atletiese en aansluitingspel.

Persoonlike lewe Carr het in Mitchells Plein grootgeword en skoolgegaan te West End Primary, voor sy pa na Rondebosch-Oos verhuis het, waar hy steeds saam met sy familie woon.

Loopbaan Carr het skoolgegaan by Bishops en vir hul Eerste XV gespeel in 2008 en 2009. Carr het sy weg deur die junior geledere van die Westelike Provinsie gebaan, Cravenweek gespeel in 2009 en daarna die seniorspan gehaal in 2011 met sy debuut teen die Goue Leeus.

'n Paar onindrukwekkende vertonings in die WP-trui het op een of ander manier hom opgeroep vir die Stormers Superrugbyspan vir die 2012 seisoen. Hy het in 7 wedstryde gespeel voor 'n ernstige kniebesering sy jaar beëindig het. Hy was egter spoedig terug gedurende 2013 en het 14 keer vir die Stormers uitgedraf en ook gehelp dat die Westelike Provinsie die eindstryd van die Curriebeker bereik.

Carr het die 2014 Superrugbyseisoen op die bank begin, maar 'n besering deur Siya Kolisi gelei, het hom die beginplek in die nommer 6-trui besorg in die finale 11 wedstryde van die se veldtog. Hy het teruggekeer na sy voorkeur nommer 8-posisie tydens die 2014 Curriebeker Premierafdeling, met sy span wat die seisoen as kampioene afsluit.

Op 30 Oktober 2017 het Carr 'n 3-maande kontrak geteken om aan te sluit by die Engelse Premierligaspan, die Wasps.

Springbok In Oktober 2014 is hy opgeroep vir die Springbokke vir hul einde-van-die-jaar-rugbytoetse. Op 22 November het hy sy Springbok-toetsdebuut teen Italië gemaak.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Diocesan College, Kaapstad