Die Hai (Chinees: 海河, pinyin: Hǎi Hé, letterlik: "meerrivier"), voorheen Peihe, Pei He, Peiho of Pei Ho (白河, Bái Hé, "witrivier"), is 'n rivier in die Volksrepubliek China, wat die stede Beijing en Tianjin met die Golf van Bohai en die Geelsee verbind. Dié rivier ontstaan in Tianjin deur die saamvloei van die Suidelike Kanaal, die Ziya, die Daqing, die Yongding en die Noordelike Kanaal. Die suidelike en noordelike kanale behoort tot die Groot Kanaal. Die Noordelike Kanaal verbind Beijing met die Geelsee en die Suidelike Kanaal verbind die Hai met die Geelrivier en die Yangtze.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Beijing Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China