Die Huai (Chinees: 淮河, pinyin: Huái Hé) is 'n rivier in die Volksrepubliek China tussen die Geelrivier in die noorde en die Yangtze in die suide. Dié rivier ontspring in die Tongbai-bergreeks in die Chinese provinsie Henan en vloei deur Xinyang. Aansluitend vloei die Huai in 'n oostelike rigting deur die provinsies Anhui en Jiangsu. Hier vloei dié rivier deur die stede Huainan en Bengbu en bereik die Hongzemeer, wat deur 'n kanaal met die Yangtze verbind word. Aansluitend vloei dié rivier, nou Feihuang genoem, deur die stede Huai'an en Suqian, waarna dit in die Geelsee uitmond.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China