Leinster Rugby ( Rugbaí Laighean) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Verenigde Rugbykampioenskap, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Leinster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Leinster. Leinster is die suksesvolste van die Ierse spanne.
Leinster se tuiswedstryde word op die RDS Arena en die Aviva-stadion, wanneer die RDS nie voldoende is nie, in Dublin gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 18 500 en 51 700 toeskouers. Voordat die RDS Arena in 2005 Leinster se tuisveld geword het, was Donnybrookstadion die tuisveld. Die span speel hoofsaaklik in blou en die span se wapen bestaan uit ’n harp, na aanleiding van die vlag van Leinster, binne ’n rugbybal.
Leinster het, soos die ander Ierse spanne, in 1995 professioneel geword en neem sedert 2001 aan die Pro14 en sy verskeie voorgangers (naamlik Pro12, Magners-liga en Keltiese Liga) deel en hulle het daarvoor om die Ierse provinsiale kampioenskap meegeding. ”Leinster A” neem aan die Britse en Ierse Beker deel. Leinster het reeds vier keer die Pro14 gewen en was drie keer die Europese kampioene.
Kleure en wapen duimnael|links|Die vlag van die Provinsie Leinster Die huidige wapen is in 2005 in gebruik geneem aangesien Leinster Rugby nie kopiereg op die worige wapen gehad het nie. Die nuwe gestileerde wapen is spesifiek vir Leinster Rugby ontwerp omdat dit die harp en ’n rugbybal insluit. About Leinster Rugby:Harp Leinster Rugby Die Leinster Rugby-wapen is te sien op alle ampteliks klubhandelsware, insluitend replikatruie.
Die provinsie se huidige drag is blou met ’n wit harp en twaalf vlootblou lyne wat die twaalf distrikte van Leinster voorstel. Hul sekondêre drag is vir met ’n blou harp en twaalf blou lyne.
Die Leinstertrui bevat ook drie sterre bo die wapen om die drie Europese Beker-titels wat die provinsie tot op hede gewen het, voor te stel.
Tuisvelde RDS Arena Leinster se huidige tuisveld is die RDS Arena. RDS Arena, Dublin WorldStadia.com Die eerste wedstryde op die RDS Arena is gedurende die 2006-’07-Heinekenbekerseisoen hier gespeel. Teen die volgende seisoen is al die span se wedstryde daarheen verplaas. Sedert Leinster daar begin speel het, is die stadion herontwikkel. Die arena bied plek vir 18 500 toeskouers waarvan die meeste sitplekke is. Aangesien die RDS ’n perdespringarena bly, kan die noordelike en suidelike paviljoene verwyder word. ’n dak is gebou om die hoofpaviljoen oorkant die voorafbestaande Angleseapaviljoen te bedek. Hoofpaviljoendak gereed vir nuwe seisoen Leinster Rugby, 19 Julie 2008 Die RDS sal tot 2027 Leinster se tuisveld wees na ’n ooreenkoms wat in 2007 onderteken is. http://www.leinsterrugby.ie/olsc/6278.php
In Julie 2014 is ’n ontwerpskompetisie vir die ontwikkeling van die arena in ’n wêreldgehalte- 25 000-sitplek stadion, deur die RDS en Leinster Rugby aangekondig, met werk wat in April 2016 ’n aanvang sou neem. http://www.leinsterrugby.ie/news/12157.php#.U_xnJ2O9aFE Die verkoop van die naamsregte was ’n sleutelkomponenet in die befondsing van die projek met aanvanklike voorgestelde begroting van €20 miljoen. http://thescore.thejournal.ie/leinster-rds-stadium-redeveloped-1566090-Jul2014/?&r_dir_d=1
Aviva-stadion duimnael|regs|266px|Aviva-stadion voor ’n Leinsterwedstryd Vir groot wedstryde waarin die RDS Arena nie aan genoegsame sitplek kan voorsien nie, speel Leinster hul wedstryde op die Aviva-stadion wat sitplek vir 51 700 mense het. Dit is dikwels belngrike wedstryde in die Europese Beker of die Pro14 teen plaaslike teenstanders. Hulle het in 2010 hul eerste tuiswedstryd aldaar teen Munster gespeel met die stadion wat vir die eerste keer volgepak was. http://www.universityobserver.ie/2010/10/02/spirited-leinster-overcome-munster-at-the-aviva-stadium/ Leinster was tot in Desember 2012 onoorwonne op die Aviva-stadion toe hulle met 21-28 teen Clermont verloor het.
Donnybrookstadion duimnael|250px|links|Donnybrookstadion Leinster se tradisionele tuiste oor die jare was Donnybrookstadion in Dublin. Donnybrook bestaan uit ’n enkele onderdakstadion en drie oop terrasse. Om groeiende toeskouergetalle tegemoet te kom, het Leinster na die RDS Arena geskuif; die 6 000 sitplekke op Donnybrook het te min geraak. Sport hou aan tel Marketing – Ierland se Maandelikse Bemarking- & Mediatydskrif Om hierdie rede het Dublin ’n langtermynhuurooreenkoms met die Koninklike Dublingenootskap aangegaan om hul tuiswedstryde op die RDS Arena te speel. Donnybrook is egter intussen opgeknap met ’n herbou van die hoofpaviljoen in 2008 Aanwysings & Kaarte: Hoe om ons op te spoor Leinster Rugby en bly ’n belangrike plek vir rugby in Dublin.
Weens beperkte spasie is dit onwaarskynlik dat Donnybrook verder ontwikkel sal word. Leinster A speel egter steeds hul wedstryde om die Britse en Ierse Beker op die stadion en die seniorspan speel steeds voorseisoen- vriendskaplike wedstryde op die stadion. Die meeste wedstryde om die Leinster Skolebeker word ook op die stadion gespeel. Leinster benoem span vir Queensland RTÉ Sport, 29 Augustus 2008 Kaartjie oor vir London Irish op Vrydag… Leinster Rugby, 24 Augustus 2009
Seisoenbepalings Keltiese Liga/Pro12/Pro14/Verenigde Rugbykampioenskap {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="90"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="300"|Notas |- align=center |align=left|2001-’02 |align=left|1ste (Poel A) | 7 || 7 || 0 || 0 || 0 || 21 || Wen in eindstryd teen Munster |- align=center |align=left|2002-’03 |align=left|5de (Poel B) | 7 || 3 || 0 || 4 || 6 || 18 || |- align=center |align=left|2003-’04 |align=left|8ste | 22 || 9 || 1 || 12 || 9 || 47 || |- align=center |align=left|2004-’05 |align=left|3de | 20 || 12 || 1 || 7 || 7 || 57 || |- align=center |align=left|2005-’06 |align=left|2de | 20 || 14 || 0 || 6 || 10 || 74 || |- align=center |align=left|2006-’07 |align=left|3de | 20 || 12 || 1 || 7 || 11 || 61 || |- align=center |align=left|2007-’08 |align=left|1ste | 18 || 13 || 1 || 4 || 7 || 61 || Geen uitspeelrondtes. Wen op ligapunte. |- align=center |align=left|2008-’09 |align=left|3de | 18 || 11 || 1 || 6 || 6 || 52 || |- align=center |align=left|2009-’10 |align=left|1ste | 18 || 13 || 0 || 5 || 3 || 55 || Verloor in eindrondte teen Ospreys |- align=center |align=left|2010-’11 |align=left|2de | 22 || 15 || 1 || 6 || 8 || 70 || Verloor in eindrondte teen Munster |- align=center |align=left|2011-’12 |align=left|1ste | 22 || 18 || 1 || 3 || 7 || 81 || Verloor in eindrondte teen Ospreys |- align=center |align=left|2012-’13 |align=left|2de | 22 || 17 || 0 || 5 || 10 || 78 || Wen teen in eindrondte Ulster |- align=center |align=left|2013-’14 |align=left|1ste | 22 || 17 || 1 || 4 || 12 || 82 || Wen in eindrondte teen Glasgow Warriors |- align=center |align=left|2014-’15 |align=left|5de | 22 || 11 || 3 || 8 || 12 || 62 || |- align=center |align=left|2015-’16 |align=left|1ste | 22 || 16 || 0 || 6 || 9 || 73 || Verloor in eindrondte teen Connacht |- align=center |align=left|2016-’17 |align=left|2de | 22 || 18 || 0 || 4 || 13 || 85 || Verloor in halfeindrondte teen Scarlets |- align=center |align=left|2017-’18 |align=left|2de | 21 || 14 || 1 || 6 || 12 || 70 || Wen in eindstryd teen Scarlets |- align=center |align=left|2018-’19 |align=left|3de | 21 || 15 || 1 || 5 || 14 || 76 || |- align=center |align=left|2019-’20 |align=left|1ste (Groep A) | 15 || 15 || 0 || 0 || 9 || 69 || Wen in eindstryd teen Ulster
Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Poel/Rondte ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="300"|Notas |- align=center |align=left|1995-’96 |align=center|Poel C |align=left|1ste | 2 || 2 || 0 || 0 || – || 4 || Verloor in halfeindrondte teen Cardiff |- align=center |align=left|1996-’97 |align=center|Poel B |align=left|3de | 4 || 2 || 0 || 2 || – || 4 || |- align=center |align=left|1997-’98 |align=center|Poel A |align=left|3de | 6 || 2 || 0 || 4 || – || 4 || |- align=center |align=left|1998-’99 |align=center|Poel A |align=left|4de | 6 || 2 || 0 || 4 || – || 4 || |- align=center |align=left|1999-’00 |align=center|Poel 1 |align=left|2de | 6 || 4 || 0 || 2 || – || 8 || |- align=center |align=left|2000-’01 |align=center|Poel 1 |align=left|2de | 6 || 3 || 1 || 2 || – || 7 || |- align=center |align=left|2001-’02 |align=center|Poel 6 |align=left|1ste | 6 || 5 || 0 || 1 || – || 10 || Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers |- align=center |align=left|2002-’03 |align=center|Poel 4 |align=left|1ste | 6 || 6 || 0 || 0 || – || 12 || Verloor in halfeindrondte teen Perpignan |- align=center |align=left|2003-’04 |align=center|Poel 3 |align=left|2de | 6 || 4 || 0 || 2 || 2 || 18 || |- align=center |align=left|2004-’05 |align=center|Poel 4 |align=left|1ste | 6 || 6 || 0 || 0 || 2 || 26 || Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers |- align=center |align=left|2005-’06 |align=center|Poel 5 |align=left|2de | 6 || 4 || 0 || 2 || 6 || 22 || Verloor in halfeindrondte teen Munster |- align=center |align=left|2006-’07 |align=center|Poel 2 |align=left|1ste | 6 || 4 || 0 || 2 || 5 || 21 || Verloor in kwarteindrondte teen London Wasps |- align=center |align=left|2007-’08 |align=center|Poel 6 |align=left|3de | 6 || 3 || 0 || 3 || 0 || 12 || |- align=center |align=left|2008-’09 |align=center|Poel 2 |align=left|1ste | 6 || 4 || 0 || 2 || 4 || 20 || Wen in eindrondte teen Leicester Tigers |- align=center |align=left|2009-’10 |align=center|Poel 6 |align=left|1ste | 6 || 4 || 1 || 1 || 4 || 22 || Verloor in halfeindrondte teen Toulouse |- align=center |align=left|2010-’11 |align=center|Poel 2 |align=left|1ste | 6 || 5 || 0 || 1 || 4 || 24 || Wen in eindrondte teen Northampton Saints |- align=center |align=left|2011-’12 |align=center|Poel 3 |align=left|1ste | 6 || 5 || 1 || 0 || 2 || 24 || Wen in eindrondte teen Ulster |- align=center |align=left|2012-’13 |align=center|Poel 5 |align=left|2de | 6 || 4 || 0 || 2 || 4 || 20 || |- align=center |align=left|2013-’14 |align=center|Poel 1 |align=left|1ste | 6 || 5 || 0 || 1 || 2 || 22 || Verloor in kwarteindrondte teen Toulon |- align=center |align=left|2014-’15 |align=center|Poel 2 |align=left|1ste | 6 || 4 || 1 || 1 || 2 || 20 || Verloor in halfeindrondte teen Toulon |- align=center |align=left|2015-’16 |align=center|Poel 5 |align=left|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 2 || 6 || |- align=center |align=left|2016-’17 |align=center|Poel 4 |align=left|1ste | 6 || 4 || 1 || 1 || 5 || 23 || Verloor in halfeindrondte teen Clermont
Europese Rugbyuitdaagbeker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Poel/Rondte ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="350"|Notas |- align=center |align=left|2012-’13 |colspan=9 align=center | Wen in eindrondte teen Stade Français
Huidige span Leinster se span vir die 2017-’18-seisoen:
Stutte Michael Bent Ed Byrne Peter Dooley Tadhg Furlong Cian Healy Jack McGrath Andrew Porter
Hakers Bryan Byrne Sean Cronin Richardt Strauss James Tracy
Slotte Scott Fardy Mick Kearney Ross Molony Ian Nagle James Ryan Devin Toner Losvoorspelers Jack Conan Max Deegan Jamie Heaslip Dan Leavy Jordi Murphy Seán O’Brien Rhys Ruddock Peadar Timmins Josh van der Flier
Skrumskakels Jamison Gibson-Park Nick McCarthy Luke McGrath
Losskakels Ross Byrne Joey Carbery Cathal Marsh Jonathan Sexton Senters Tom Daly Robbie Henshaw Rory O’Loughlin Noel Reid Garry Ringrose
Vleuels Adam Byrne Barry Daly David Kearney Fergus McFadden