Jean-Louis Jeanmaire (25 Maart 1910 in Biel/Bienne – 29 Januarie 1992) was 'n brigadier in die Switserse weermag wat hoogs geklassifiseerde, maar nogtans nie baie sensitiewe, Switserse militêre geheime aan die Sowjetunie verklap het. Hierdie aktiwiteit het van 1962 tot en met sy aftrede op 65 in 1975 aangegaan.

Agtergrond en belangrike gebeure Jeanmaire is as 'n spioen gewerf deur Kolonel Vassily Denissenko, die Sowjetse lugmagattaché.

Hy het nooit geld aanvaar vir die inligting wat hy aan die Sowjetunie oorhandig het nie; sy motivering blyk eerder die gevolg te wees van sy verbitterheid daaroor dat hy nie die bevordering gekry het wat hy verwag het nie.

Hy is gevonnis tot 'n tronkstraf van agtien jaar, maar het weens goeie gedrag net twaalf jaar daarvan gedien. Na sy vrylating in 1988, het hy heftig probeer om sy onskuld te bewys, en andere het ook twyfel oor die omvang van sy skuld uitgespreek.

Jeanmaire is in 1992 in Bern oorlede.

Literatuur Urs Widmer: Jeanmaire: ein Stück Schweiz. Verlag der Autoren, Frankfurt am Main 1992 – ISBN 3-88661-136-1 (speel) John le Carré: Unbearable peace (Ondraaglike vrede). Harmondsworth 1991 – ISBN 0-14-015204-0 Jürg Schoch: Fall Jeanmaire, Fall Schweiz. Wie Politik und Medien einen "Jahrhundertverräter" fabrizierten. "hier + jetzt", Verlag für Kultur und Geschichte, Baden 2006 – ISBN 3-03919-026-1

Verwysings

Kategorie:Switserse militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Spioene Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 1992