Die Belaja (Russies: Бе́лая, Belaja; Basjkiries: Ағиҙел, Ağiźel, [ä.ʁi̠.ˈðɪ̞l], ; Tartaars: Агыйдел, Ağídel, اعىدئل, [ˌʌɣiˈdel]; almal letterlik: "witrivier") is die grootste sytak van die Kamarivier, die langste linkersytak van die Wolga in die Europese deel van Rusland. Dié rivier, met 'n lengte van 1 420 km (882 myl), ontspring in die suidelike Oeralgebergte in die Basjkortostan-republiek, net wes van die Oeral-rivier se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike en later in 'n noordelike rigting deur Isjimbai tot by Oefa. Vanaf hier vloei die Belaja in 'n noordwestelike rigting en mond in die Tartarstan-republiek in die Kamarivier uit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland