Die Kapuas (Indonesies en Maleis: Sungai Kapuas, Javaans: Kali Kapuas) is met 'n lengte van 1 143 km (710 myl) die langste rivier op die eiland Borneo, van die eilandnasie Indonesië asook die langste rivier, wat in sy geheel op 'n eiland vloei.

duimnael|links|'n Brug oor die Kapuas by Pontianak Die Kapuas ontspring by Berg Raya in die Iran-bergreeks in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike rigting tot by Pontianak. Net suid mond die Kapuas in die Karimata-straat, wat die Javasee met die Suid-Chinese See verbind, uit.

Die Kapuas se omgewing is gekenmerk deur reënwoud. Terwyl Pontianak 'n moderne metropool van hoofsaaklik Islamitiese Maleiers is, woon stroomop langs die Kapuas en sy sytakke verskeie Dayak-groepe.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Indonesië