Die Desna (Russies: Десна́; Oekraïens: Десна) is die grootste sytak van die Dnjepr in Oos-Europa. Dié rivier, met 'n lengte van 1 130 km (700 myl), ontspring in die Smolensk-heuwels suidoos van Smolensk in die Smolensk-oblast van Rusland. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidelike rigting tot by Brjansk. Vanaf hier vloei die Desna in 'n suidwestelike rigting, bereik die Oekraïense grens en vloei deur Tsjernihif. Net noord van die Oekraïense hoofstad Kijif mond dié rivier in die Dnjepr uit.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Oekraïne Kategorie:Riviere in Rusland