Die Armstrong Whitworth Siskin was 'n dubbeldekker vegvliegtuig wat tussen die twee Wêreldoorloë in bedryf was. Die vliegtuig het in Mei 1924 sy nooiensvlug voltooi. Die ontwerp van die vliegtuig is gebaseer op die Siddeley-Deasy S.R.2 Siskin wat deur Armstrong Whitworth gebou was in 1919; die vliegtuig was hoofsaaklik van hout gemaak. Die Britse Lugministrie wou egter net tenvolle metaal vliegtuie bestel en die Siskin was herontwerp. Nommer 41 Eskader was in Mei 1924 met die Siskin III toegerus te Northolt. Die Siskin III was die Britse Lugmag se eerste tenvolle metaal vliegtuig.

Daar was 465 Siskin III gebou waarvan sommige na Estland en Kanada uitgevoer is. Die Siskin IIIA was toegerus met die nuwe Armstrong Siddeley Jaguar IV-enjin en het in Oktober 1925 sy verskyning gemaak. Elf Britse Eskaders was met die vliegtuig toegerus vanaf September 1926. Die Britse Eskaders het die pioneerwerk ten opsigte van kunsvlieëry met dié gedoen. Die laaste Sisken van die Britse Lugmag was in Oktober 1932 onttrek terwyl sommige van die Kanadese vliegtuie eers in 1939 met die Hawker Hurricane vervang was.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Armstrong Whitworth Siskin IIIA Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Armstrong Siddeley Jaguar IV stermotor Kraglewering per motor 385 perdekrag Vlerkspan 10,11 m Lengte 7,72 m Hoogte 3,1 m Vlerkoppervlakte 27,22 m2 Maks. opstygmassa 1 366 kg Maks. snelheid 251 km/h Operasionele hoogte 8 230 m Togafstand Een uur en 12 minute teen topsnelheid Klimvermoë 3 050 m in ses minute en 20 sekondes Bewapening Twee gesinchroniseerde 7,7 mmVickers-masjiengewere voor.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie