Die Olenjok (Russies: Оленёк / Оленек, Olenek; Jakoeties: Өлөөн, Ölöön) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 292 km (1 424 myl), ontspring in die Sentraal-Siberiese Plato in die Krasnojarsk-krai. Aansluitend vloei dié rivier in 'n oostelike rigting deur die Jakoetië-republiek en bereik Olenjok. Vanaf hier vloei die Olenjok in 'n noordoostelike rigting en mond in 'n delta net wes van die Lena s'n in die Laptefsee uit.
Die Olenjok se omgewing is gekenmerk deur die Taiga, wat by die kus verder noord in Toendra oorgaan. Dié rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië