Die Petsjora (Russies: Печо́ра; Komi: Печӧра; Nenets: Санэроˮ яха) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Europese deel van Rusland. Dié rivier, met 'n lengte van 1 809 km (1 124 myl), ontspring in die noordelike Oeralgebergte in die Republiek van Komi. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Republiek van Komi en bereik Woektyl. Vanaf hier vloei die Petsjora eers in 'n noordwestelike rigting deur Petsjora, later in 'n suidwestelike rigting en dan in 'n noordelike rigting. Noord van Narjan-Mar, Nenetsië, mond dié rivier in 'n delta in die Petsjorasee, 'n randmeer van die Barentssee, uit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland