Makeleketle is 'n township in die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit, in sentraal-Vrystaat, Suid-Afrika. Tydens die apartheidera was Makeleketle waar die dorp Winburg se Swart mense gewoon het.

Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 12 701 gehad.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat