Die Oljokma (Russies: Олёкма, Olëkma; Jakoeties: Өлүөхүмэ, Ölüöxüme) is ná die Wiljoei, die Aldan en die Witim die vierde grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 320 km (820 myl), ontspring in die Jablonowy-bergreeks naby Mogotsja, Zabaikalski-krai. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordoostelike rigting en bereik die Amoer-oblast. Vanaf hier vloei die Oljokma in 'n noordelike rigting deur Jakoetië en mond by Oljokminsk in die Lena uit.
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië