Die Ili (Oeigoers: ئىلى دەرياسى, Ili deryasi of Или дәряси, Ili dəryasi; Kasaks: Іле, İle, ئله; Russies: Или; Chinees: 伊犁河, pinyin: Yīlí Hé; Mongools: Ил, letterlik: "kaalheid") is die grootste van die Balchasj-meer se invloeiende riviere. Dié rivier, met 'n lengte van 1 400 km (870 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koenes- en Tekes-riviere in die outonome gewes Xinjiang van die Volksrepubliek China. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting deur die stad Yining en bereik die Kasakse grens. In Kasakstan vloei die Ili in 'n westelike rigting tot by Kapchagai, sowat 70 km noord van die voormalige hoofstad Almati. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en mond in 'n wye delta in die Balchasj-meer uit.
As gevolg van die groot bevolkingsgroei in die Chinese outonome gewes Xinjiang styg die waterverbruik, waardeur minder water die Balchasj-meer bereik en die meer bedreig.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Kasakstan Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China Kategorie:Xinjiang