Die Songhua (Chinees: 松花江, pinyin: Sōnghuā Jiāng), ook bekend onder die Russiese naam Soengari (Сунгари) is die grootste sytak van die Amoer in die Mantsjoerye. Dié rivier, met 'n lengte van 1 925 km (1 195 myl), ontspring in die Changbai-bergreeks tussen die provinsies Jilin en Liaoning net noord van Noord-Korea. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur Jilin en later in 'n noordoostelike rigting deur Harbin en Jiamusi in die provinsie Heilongjiang. By Tongjiang net suid van die grens tot Rusland mond die Songhua in die Amoer se middelloop uit.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China