regs|duimnael|Munisipale grense van Suid-Afrika, soos afgebaken deur die Munisipale Afbakeningsraad. Die Munisipale Afbakeningsraad is 'n Suid-Afrikaanse onafhanklike outoriteit, wat verantwoordelik is vir die vasstelling van die grense van distrikte, munisipaliteite en kieswyke in Suid-Afrika.
Die Raad Die bestaan van die Munisipale Afbakeningsraad word in artikel 155.(2)(b) van die Grondwet gereël en is ingestel deur die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, 1998 . Die Munisipale Afbakeningsraad bestaan uit nege lede, wat vir 'n termyn van vyf jaar aangestel word deur die President van Suid-Afrika. Behalwe vir die Voorsitter dien die lede van die Raad op 'n deeltydse basis. Daar is ondersteuning van enkele personeelslede vir administrasie en navorsing.
Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Munisipale Afbakeningsraad
Sien ook Afbakeningsknoeiery
Verwysings
Kategorie:Geografie van Suid-Afrika Kategorie:Regering van Suid-Afrika