Die Cherlen (Chinees: 克鲁伦河, pinyin: É'Kèlǔlún hé; Mongools: Хэрлэн гол) is 'n binnelandse rivier in Mongolië en die Volksrepubliek China met 'n lengte van 1 254 km. Dié rivier ontspring in die Jablonowigebergte, sowat 180 km noordoos van die Mongoolse hoofstad, Ulaanbaatar, en suid van die Russiese grens. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidelike en later in 'n oostelike rigting deur Öndörhaan en Tsjojbalsan. Die Cherlen bereik die Chinese grens en mond in die outonome gewes Binne-Mongolië in die Hulunmeer uit.
Tydens die reënseisoen vloei water van die Hulunmeer, wat eintlik sonder uitvloei is, sowat 30 km noord en bereik die Argoen. Daarmee behoort die Cherlen se rivierloop soms tot die Argoen-Amoer-rivier, wat daardeur 'n lengte van 5 052 km bereik.
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Mongolië Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China