Die Witim (Russies en Boerjaties: Витим, Vitim; Ewenkies: Витым, Witym; Jakoeties: Виитим, Viitim) is ná die Wiljoei en die Aldan die derde grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 978 km (1 229 myl), ontstaan deur die saamvloei van Witimkan en Tsjinain in die Witim-plato, Boerjatië, oos van die Baikalmeer. Aansluitend vloei dié rivier eers in 'n suidelike en later in 'n noordoostelike rigting. Die Witim bereik die Zabaikalski-krai en vloei in 'n noordelike rigting tot Bodaibo in die Irkoetsk-oblast. Dié rivier vloei nog deur Mama en mond by Witim, Jakoetië, in die Lena se boloop uit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië