Die Aldan (Russies: Алдан) is ná die Wiljoei die tweede grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 273 km (1 412 myl), ontspring in die Stanowoj-bergreeks naby Nerjoengri, Jakoetië, net noord van die Amoer-oblast. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting tot by Aldan en later in 'n noordoostelike rigting tot by Oest-Maja. Vanaf hier vloei die Aldan in 'n noordelike rigting tot by Chandiga en daarna in 'n westelike rigting. Sowat 150 km noord van Jakoetsk mond die Aldan in die Lena se middelloop uit. Belangrike sytakke sluit in die Amga (1 462 km), die Maja (1 053 km) en die Oetsjoer (812 km).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië