Die Bristol Bulldog was 'n enkelsitplek, dubbeldekker-vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is tussen die twee Wêreldoorloë. Hierdie vliegtuig is ontwikkel na aanleiding van 'n spesifikasie van die Britse Lugministerie wat 'n enkelsitplekdag-en-nag vegter met twee Vickers-masjiengewere gespesifiseer het. Die Merk I is gebou vir ontwikkeling en Merk II het die Armstrong Whitworth Siskin's en Gloster Gamecock's vervang. Die eerste Bulldogs is in Junie 1929 aan 3 Eskader te Upavon toegedeel.

Die hele raamwerk was van metaal wat met 'n styfgespande doekstof oorgetrek is. Die stertwiel het 'n skokbreker gehad; daar was suurstof vir die vlieënier beskikbaar, asook 'n kortgolftweerigtingradio. 'n Tweesitplek-opleidingsvliegtuig is ook gebou.

Teen 1932 was 10 eskaders reeds toegerus met die Bulldog; dit was die standaardvegvliegtuig tot in 1936. Die 312 vliegtuie in gebruik was op daardie stadium sowat 70% van Brittanje se lugverdedigingsvermoë. Die laaste Bulldog is in 1937 uit aktiewe diens onttrek en vervang met die Gloster Gauntlet.

'n Groot aantal van hierdie vliegtuie is na Australië, Denemarke, die destydse Siam, Swede, Estland en Finland uitgevoer.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Bristol Bulldog II Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Bristol Jupiter stermotor Kraglewering per motor 440 perdekrag Vlerkspan 10,34 m Lengte 7,62 m Hoogte 3,0 m Vlerkoppervlakte 28,47 m2 Maks. opstygmassa 1 583 kg Maks. snelheid 280 km/h Operasionele hoogte 8 230 m Togafstand 443 km Klimvermoë 6 096 m in 14½ minute Bewapening Twee gesinchroniseerdeVickers-masjiengewere voor.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bronnelys Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie