Die Kolima (Russies: Колыма́, [kəlɨˈma]; Jakoeties: Халыма) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Russiese Verre-Ooste. Dié rivier, met 'n lengte van 2 129 km (1 323 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koeloe und Ajan-Joerjach in Soentar-Chajata, Jakoetië, net suidoos van die Indigirka se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordoostelike rigting deur die Magadan-oblast en bereik Sinegorje. Hiervanaf vloei die Kolima in 'n noordwestelike rigting deur Sejmchan en vloei later in 'n noordelike rigting tot by Zyryanka en bereik die Jakoetië-republiek. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur Srednekolymsk en mond noord van Chersky in 'n delta in die Oos-Siberiese See uit.

Die omgewing van die Kolima word gekenmerk deur die taiga, wat by die kus verder noord in 'n toendra oorgaan. Die rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië