Die Indigirka (Russies: Индиги́рка; Jakoeties: Индигиир) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Russiese Verre-Ooste. Dié rivier, met 'n lengte van 1 726 km (1 072 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Chastach en Taryn-Joerjach in Soentar-Chajata, Jakoetië, net noordwes van die Kolima se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Jakoetië-republiek en bereik Oimjakon, een van die koudste bewoonde plekke ter wêreld. Verder noord bereik dié rivier agtereenvolgens Oest-Nera, Chonuu asook Belaja Gora en mond noord van Chokoerdakh in 'n delta in die Oos-Siberiese See uit.
Die Indigirka se omgewing is gekenmerk deur die Taiga, wat by die kus verder noord in Toendra oorgaan. Dié rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië