duimnael|Quaker Gardens duimnael|Gedenkteken vir George Fox Quaker Gardens is 'n klein openbare tuin in die uiterste suide van die London Borough of Islington en naby die City of London wat deur Islington se distriksraad bestuur word. Na die gebied is tradisioneel verwys as Bunhill Fields.

Sy naam verwys na die terrein se vroeëre gebruik tussen 1661 en 1855 as begraafplaas vir duisende lede van die Religieuse Genootskap van Vriende, algemeen bekend as Kwakers. Hier het onder meer die Genootskap se stigter, George Fox (1624−1691), sy laaste rusplek gevind.Parks & Gardens: Quaker Gardens, Islington. Besoek op 9 Januarie 2019 Die totale aantal ongemerkte grafte beloop sowat 12 000.A Bit about Britain: Quaker Gardens, Islington. Besoek op 9 Januarie 2019

Die tuine is wes van Bunhill Row, suid van Banner Street, en noord van Chequer Street geleë, met ingange in die twee laasgenoemde strate. 'n Kwaker-vergaderhuis, die laaste oorblywende deel van die voormalige Bunhill Memorial Buildings, is in die tuine se noordwestelike hoek geleë.

Verwysings

Kategorie:Londen