Die Vickers F.B.5 was 'n Britse dubbeldekker, tweesitplek vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit het die bynaam Gun Bus gehad. Hierdie vliegtuig is ontwikkel uit die Vickers Destroyer, een van die eerste vegvliegtuie. Dit was ontwerp volgens 'n spesifikasie van die Britse Admiraliteit vir 'n vliegtuig wat met masjiengewere toegerus is. Dit was inderdaad ook die eerste Britse vliegtuig wat met 'n masjiengeweer toegerus was. Dit is 'n tweesitplekontwerp met 'n stootskroefenjin. Met geen skroef aan die voorkant nie was die voorste sitplek toegeken aan die verkenner/boordskutter terwyl die vlieënier agter hom gesit het.

Die eerste van die vliegtuie het in Februarie 1915 aan die Wes-Front aangekom maar no 11 Eskader van die Royal Flying Corps het eers op 25 Julie 1915 in Frankryk arriveer. Dit was die eerste eskader wat vir die stryd toegerus was, en wel met die Vickers F.B.5. Alhoewel die vliegtuig sterk en stadig was het die vlieëniers gou geleer om die Fokker Eindecker te vermy waar moontlik. 'n Paar maande later is die vliegtuig onttrek van aktiewe diens en slegs vir opleiding gebruik.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Vickers F.B.5: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef, stoot tipe Vervaardiger Gnome Monosoupape stermotor Kraglewering per motor 100 perdekrag Vlerkspan 11,13 m Lengte 8,2 m Hoogte 3,51 m Vlerkoppervlakte 35,5 m2 Maks. opstygmassa 930 kg Maks. snelheid 113 km/h Operasionele hoogte 2 745 m Togafstand 386 km Klimvermoë 122 m per minuut Bewapening Een 7,7 mm masjiengeweer voor in kajuit.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog