Carel Boshoff IV (gebore 1963) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n stigter van Orania en was tussen 2007 en 2019 voorsitter van die Orania Beweging. Hy is die seun van Carel Boshoff, kleinseun van Hendrik Verwoerd en 'n lid van die Vryheidsfront Plus.
Biografie Boshoff is in 1963 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Hy het afgestudeer in die teologie, in filosofie en in geskiedenis. Hy het met sy proefskrif 'n doktorsgraad in geskiedenis verwerf. Sy proefskrif is later onder die titel Afrikaners na Apartheid gepubliseer.
In die vroeë 1990's het hy saam met sy pa, sy familie en sy kinders na Orania getrek om 'n Volkstaat met Afrikaner selfbeskikking op te rig in die konteks van die onderhandelinge om apartheid te beëindig in Kemptonpark.
In 1994 het hy deelgeneem aan die stigting van die Vryheidsfront en is hy aangestel as 'n permanente lid van die Volkstaatraad.
Hy is daarna verkies in die Orania Verteenwoordigende Raad en die Orania Dorpsraad en is aangestel as uitvoerende hoof van die Orania Beweging. Boshoff het 'n deurslaggewende rol gehad in die ontwikkeling van Orania se bestuur tot 'n ware munisipale raad.
Aan die einde van 2001 is hy verkies tot die provinsiale raad van die Noord-Kaap.
In Februarie 2003 is hy verkies as die provinsiale leier van die Vryheidsfront in die Noord-Kaap.
Boshoff het op 25 Mei 2019 bedank as hoof van Orania se burgerraad weens korrupsiebewerings, wat hy ontken het.
In die verlede het Boshoff vir Beeld geskryf, hy was 'n aanbieder van die TV-program Dwarsklap op KykNET, 'n lid van die Groep van 63, en die president van die Vryheidstigting.
Publikasies NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner, FAK
Sien ook Carel Boshoff Orania
Verwysings
Eksterne skakels
Orania se leiers
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mense van Orania Kategorie:Politici van die Vryheidsfront Plus Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Akademiese personeel van Akademia