Jacques Cousteau (1910–1997) was ’n Franse ontdekkingsreisiger, beroemd vir sy rolprente oor die plante en diere van die see. Hy het ook die duiklong help ontwikkel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, In Frankryk was hy bekend onder die naam le commandant Cousteau ("kommandant Cousteau"), buite Frankryk as Jacques Cousteau of kaptein Cousteau. Hy was 'n Franse erelegioen (Commandeur de l'ordre national de la Légion d'honneur) en is ook met die Grand-Croix de l'ordre national du Mérite vereer.

Lewensloop Jacques-Yves Cousteau is op 11 Junie 1910 in Saint-André-de-Cubzac, Gironde in Frankryk gebore. Ná skool studeer hy aan die École navale (maritieme akademie) en word 'n offisier in die Franse Vloot. Sy loopbaan in die vloot is egter deur 'n motorongeluk kortgeknip.

duimnael|links|Die Calypso in 1999.

In 1937 trou Cousteau met die 18-jarige Simone Melchior. Sy was nie net sy eggenoot nie, maar ook 'n besigheidsvennoot en die eerste vroulike skubaduiker. Sy vergesel Cousteau op die Calypso, die enigste vrou aan boord, maar verskyn nie in sy films nie. Die egpaar het twee seuns gehad, Jean-Michel Cousteau (1938) en Philippe Cousteau (1940–1979), wat later ook by die Calypso-ekspedisies betrokke was.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel hy en Emile Gagnan 'n geheime duikapparaat, die duiklong. In die jare na die oorlog het hy tegnieke ontwikkel om seemyne in Frankryk se hawens op te ruim.

Saam met Jean Mollard ontwikkel hy die "SP-350", 'n duikboot vir twee persone wat 'n diepte van 350 meter onder water bereik. In 1965 is die eksperiment herhaal en bereik die twee voertuie 'n diepte van 500 meter. Hy was ook by die bou van onderwater habitats en die ontwikkeling van die onderwaterkamera betrokke.

Sy eerste vrou is in 1990 oorlede, waarna hy in 1991 met Francine Triplet trou. Cousteau is op 25 Junie 1997 in Parys aan 'n hartaanval oorlede.

Filmografie duimnael|Die SP-350, 'n duikboot wat hy help ontwikkel het.

The Silent World (Monde du Silence, Le) (1956) World Without Sun (Monde sans Soleil, Le) (1964) Journey to the End of the World (1976) Cries from the Deep (1981) (Jacques Gagné, regisseur) St. Lawrence: Stairway to the Sea (1982) (regisseur)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Franse uitvinders Kategorie:Franse bioloë Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 1997