Jordaniet is 'n sulfosoutmineraal met 'n chemiese formule van Pb14(As,Sb)6S23 in die monokliene kristalstelsel,Mindat information page for Jordanite vernoem na die Duitse wetenskaplike H. Jordan (1808–1887) wat dit in 1864 ontdek het.
Loodgrys van kleur (wat dikwels 'n iriserende verwering vertoon), met 'n swart streep en metaalagtige glans. Jordaniet het 'n hardheid van 3 op die Mohs skaal, 'n relatiewe digtheid van ongeveer 6,4 en 'n konchoidale breking. Die kenmerkende voorkoms is in die Lengenbach-steengroef in die Binnvallei, Wallis, Switserland.
Verwysings
Kategorie:Geologie