Masabata Klaas (gebore 3 Februarie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse voormalige internasionale krieketspeler wat sedert haar debuut in 2010 in 52 EDI- en 43 T20I-wedstryde vir Suid-Afrika se nasionale vrouekrieketspan gespeel het. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2016, 2018, 2020 en 2023 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.
Verwysings
Eksterne skakels Masabata Klaas by ESPNcricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense