Ayabonga Khaka (gebore 18 Julie 1992) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler wat 44 EDI-- en 11 T20I-wedstryde vir Suid-Afrika se nasionale vrouekrieketspan gespeel het sedert haar debuut in 2012. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2012, 2016, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval. Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.

Verwysings

Eksterne skakels

Ayabonga Khaka by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense