Suné Luus (gebore 5 Januarie 1996) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler wat reeds 100 EDI- en 83 T20I- wedstryde vir Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan gespeel het sedert haar debuut in 2012. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2013, 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval. Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.
Verwysings
Eksterne skakels
Suné Luus by ESPNcricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1996 Kategorie:Lewende mense